Vesconite  Lang lewe laers en busse
Is smering vir u 'n probleem?

    

Skeepsvaart

Pompe

Spoorweë

 Vervoer

Voorraad Vinder

 
Tolvrye lyne  
US 1 866 635 75 96  
UK 0800 731 97 45  
Linea gratuita desde
Chile 800 10 46 46
 
Chamada Gratuita Portugal 800 827 007  
e-pos  
vesconite@vesconite.com  
Vesconite is 'n lae wrywing materiaal ontwerp vir min of geen smering.
Tot 10 keer die leeftyd van brons busse
Geen swelling. Gebruik waar nylon ontoepaslik is
Lae slytasie. Hou langer as acetal laers
Onder water busse. Water is 'n uitstekende smeermiddel
Beste materiaal vir vuil en swak smerings toestande
Verminder as slytasie.  Kan groot besparings tot gevolg hê


Gratis Gidse

English|Espanól|Francais |Português|Suomi|
Italian
|
Русский
www.vesconite.com
Tuisblad | Kontak
Soek | Oorsigkaart
 
Afrikaans  
Vesconite -  lang lewe
Vescoflex  
Krediet Kaart Magtiging
Landbou
Monosem Planters
Mynbou
MV Dun Wand Busse
Navraag Vorm
Ontwerpgids
Versoeke
Voorraad VinderNuut!
Applikasies
Geflensde spilas laers op pakwaens
Vesconite Veringstelsel Busse
 
Huidige Reklame vir
Prototipe Aanbod 
Ontwerp Rekenaars
Ontwerp Gidse
Uitstallings
4x4 Bladveer Busse
Monosem Planters
Skeepsvaart
Pompe
 
Produkte vir
Vesconite
Vesconite Hilube
Hitemp 150
Hilube 10
Hilube 20
Dunwand busse
Vanes
Vescoflex
Spesifikasies
Chemiese weerstand
Voorraad vinder
 
Industrie vir
Applikasies
Sukses verhale
Grondverskuiwing
Vurkhysers
Skeepsvaart
Mynbou
Spoorweë
Pompe
Vervoer
Meer industrië
 
Maatskappy Info vir
Omtrent ons
Bulletin bord
Kontak ons
Nuusbriewe
Werksgeleenthede
 
Ontwerp vir
Ontwerp rekenaarsNuut!
Gereelde vrae
Nuttige inligting
 
Navrae/Bestellings
Kwotasies
Navrae vorms
Volgens maat diens
Kredit kaart magtiging
 
Gesondheid/Veiligheid vir
Water goedkening
Veiligheids data
In teenstelling met meeste ander sintetiese materiale, sit Vesconite nie uit in water nie. Nylon absorbeer by voorbeeld 9% per gewig met gevolglike uitsetting en versagting.

Nuut!   Prototipe Aanbod
+100 Sukses Verhale
Ontwerp Rekenaars

Vesconite se dra vermoë is groter as dié van wit metaal met selfsmerende
eienskappe beter as  dié van nylon.

Vesconite is ontwikkel en bewys in menige industriële en skeepsvaart
applikasies en word gebruik wanneer

  • Hoë ladings met klein spelings gedra moet word
  • Toestande vuil is
  • Smering ongereeld of nie moontlik is nie
  • Die applikasie klam, geroes of onder water is
  • Slytasie 'n probleem is
  • Smering die produk sal kontamineer of die omgewing sal besoedel
  • Gereelde smering onprakties of ongerieflik is
  • U smering wil verminder
  • Verlengde bus en as lewe verlang word
  • Die laer in vloeistof of water werk
  • Chemiese aanvalle 'n probleem is
  • Koste besparings verlang word

Uitstaande Materiaal
Vesconite is 'n spesiaal vervaardigde materiaal uit gevorderde ingenieurstermoplastiek vermeng  met 'n kombinasie van eienskappe om lae wrywing en lang busgebruik te verseker.

Dit kombineer 'n lasdravermoë groter as dié van witmetaal met selfsmerende eienskappe beter as dié van nylon terwyl dit tot 10 keer langer diens lewer as fosforbrons.

Ontwikkel en bewys in baie industriële gebruike vir meer as 30 jaar het Vesconite die voorkeur materiaal geword wanneer swaar laste met klein vry ruimtes in vuil en smeervrye toestande gedra moet word.  Dit is ook baie effektief in die meeste klam, onderwater en korroderende omstandighede.

Vesconite is dimensioneel hoogs stabiel en swel nie in water nie, inteenstelling met nylon 6 en 66 wat tot 9% water in gewig  absorbeer wat   lei tot uitsetting en versagting.

Nie net hou Vesconite oor die algemeen baie langer nie, maar die bypassende penne en asse se leeftyd word ook grootliks verleng.

Vesconite het internasionale erkenning verwerf as 'n veelsydige polymer met hoë werkverrigting in die vervanging van tradisionele materiale, vir lae wrywings en slytasie onderdele.

Vesconite se aanvanklike koste is baie billik en is geredelik verkrygbaar in 'n hele reeks groottes en vorms.  Dit is maklik masjineerbaar tot fyn toleransies vir afgewerkte onderdele op standaard metaalwerk toerusting.

Ons fabriek lewer ook 'n spesiale diens vir die vervaardiging van eie ontwerpte komponente.

Eienskappe

Hoë dravermoë
Vesconite vervorm baie min onder ladings van tot 30 MPa en het 'n baie hoër dra vermoë as nylon.

Dimensionele stabiliteit
Die hitte uitsettingsfaktor van Vesconite is slegs 2.5 keer meer as dié van brons, terwyl dié van nylon en HDPE onderskeidelik 5 tot 10 keer meer is.

Vesconite absorbeer geen water in vogtige toestande nie, terwyl nylon tot 3% lineêr uitsit.

Vesconite het net 'n bietjie meer beweegruimte nodig as gewone metaal onderdele en geen addisionele beweegruimte is nodig vir werking in vogtige toestande nie.

Lae Wrywing
Vesconite vertoon buitengewoon dinamies in wrywende omstandighede wat die prestasie van die bus verbeter.
Water is 'n uitstekende smeermiddel vir Vesconite wat die materiaal hoogs geskik maak vir onderwater applikasies.
Vesconite Hilube bied selfs minder wrywing (50%), wat dit soveel te meer geskik maak waar smering onmoontlik of onwenslik is.
 

Temperatuur Beperking
Vesconite se smeltpunt is 260°C een van die hoogstes onder termoplastiese materiale en is selfs gelykstaande aan dié van witmetaal.

Vesconite kan met gemak aanhoudend gebruik word teen 100 °C.

Die lae termiese geleidingsvermoë van Vesconite, wat algemeen is by alle sintetiese materiale, beteken dat wrywingshitte stadig deur die bus verwyder word.

Uiterste opbou van hitte moet vermy word deur eers die PV (las x spoed) te bepaal voordat 'n Vesconite bus ontwerp word om 'n brons bus met 'n hoë PV faktor te vervang.

Die PV faktor van Vesconite is ongeveer twee keer so hoog as dié van nylon en ook hoër as die meeste sintetiese busmateriale.

Hoe vergelyk Vesconite as busmateriaal

 

Beraamde PV Limiet
MPa x m/min

 

Las dra vermoë
MPa

Koëffisiënt van
termiese uitsetting
Maksimum %
water absorpsie
Droog Met gereëlde
smering
PTFE (ongevul)

5

17

0.0

-

-

UHMW/HDPE

10

25

0.01

2

10

Nylon 6

20

9

9

3

12

Vesconite

30

5

0.5

5

20

Fosforbrons

80

1.8

0.0

-

100

Slytasie weerstand
Vesconite verskaf uitstekende slytasie weerstand, wat lei tot baie langer dienslewering in vergelyking met brons.  Vesconite word ook minder geaffekteer deur droë en vuil omstandighede.

Langer lewe van metaalteenstukke
Die slytasie van metaalpenne en-asse word met 90 % verminder wanneer Vesconite busse gebruik word.  Slegs hierdie voordeel alleen regverdig die gebruik van Vesconite.

Chemiese weerstand
Vesconite bied weerstand teen verdunde sure, organiese oplosmiddels, roes en petrol.  Dit het 'n beperkte weerstand teen sterk sure en alkali.  Gebruike in kookwater moet vermy word.

Produksiereeks
Die Vesconite reeks van masjineerbare stawe, busmateriale en plate is van die grootste beskikbaar vir die maak van lae wrywing busse en ander duursame onderdele.

Normale toerusting vir die afwerk van metaal soos draaibanke en freesmasjiene, bandsae en boormasjiene kan gebruik word.

Die reeks sluit in:

Stawe
Van 8 tot 185 mm in deursnee

Busmateriaal
Van 35 tot 715 mm deursnee in standaard lengtes van 1000 mm.  Spesiale lengtes kan met bestelling vervaardig word.

Plate en skywe
Plate is hoofsaaklik beskikbaar in standaard groottes van 1000 x 200 mm van 3 tot 50 mm dik en 1000 x 600 mm van 16 tot 40 mm dik, sowel as verskillende stroke en gemasjineerde stukke.  Skywe word vervaardig in deursnee van 300 tot 600 mm in diktes van 5 tot 50 mm.

Voorafvervaardigde onderdele
Dit sluit in meer as 100 groottes van "gereed om te gebruik" busse in beide metrieke en imperiale groottes, en standaard gereedskap laat vir baie meer groottes van flensbusse toe.  Groottes wissel vanaf 10 tot 100 mm binnemaat en skywe tot 600 mm deursneë.

Spesiale fabrieksdienste sluit in :

  • Masjinering en afwerking volgens spesifikasies sluit in draaiwerk, freesmasjinering, sny en laswerk.
  • "Een-stop" ontwikkelingsdiens van prototipes en massaproduksie onderdele.
  • Vervaardiging van klein hoeveelhede onderdele gebaseer op 'n uitgebreide voorraad van half-klaar materiale en produksiegereedskap.
  • Groot metaalbusse kan uitgevoer word met Vesconite stroke wat die onderdeel beter as nuut maak.  Sodoende word daar bespaar op baie duur fosforbrons onderdele.
  • Spesiale materiaal ontwikkeling vir nuwe applikasies gebaseer op voortdurende tegniese ontwikkeling.

Vesconite aan die werk
Vesconite word verkies as 'n bus materiaal waar hoë las en lae wrywing 'n faktor is in vuil en smeervrye toestande en redelike presiese beweegruimtes gehandhaaf moet word.

Vesconite bied hoofsaaklik 'n langer lewe as fosforbrons, kan gespesifiseer word by gebruike waar nylon nie toepaslik is nie en is ongeëwenaard in onderwater gebruike.

Vesconite is die beste vervangingsmateriaal vir busse waar :

  • Slytasie 'n probleem is
  • Smering die produk kan besoedel
  • Gereelde smering nie wenslik is nie
  • 'n Lang-lewe bus en pen verlang word
  • Die bus onderwater of in vloeistowwe moet werk
  • Chemikalië 'n probleem is
  • Besparing 'n faktor is

Sulke onderdele sluit in busse, drukwassers, skywe, plate en vele meer wat onderworpe is aan slytasie en wrywing.

Tipiese gebruike

Swaar voertuie, sleepwaens en busse
Draaistel, dratrap, spilbusse en drukwassers, busse vir veerskommels, lugremnokke, stuurtuig en krinkspille.

Grondverskuiwingstoerusting
Voorlaaier-armbusse, leierwielbusse in ruspervoertuie, spilpunte en padskraperbusse.

Hidrolika
Suiers, nekringbusse, verskillende slyt en lei-onderdele en vurkpenne.

Mynbou
Plonssuierpompnekringe, plate van veeltrap sentrifugale pompe, elektriese lokomotorasse, stoom lokosystangbusse, styggangboor kolomgeleiers, wenaslaers en drukringe, draaifilteronderdele, katrolwielbusse, losserbusse.

Skepe
Cutless-agterskilaslaers, rubberlaers, katrolwielbusse, waterpomp suierringe.

Besproeiing
Busse vir sluishekke en rollers.

Landbou
Busse vir draaisproeiers, skottelploeë, trekkerringspille, grassnywerwiele.

Die papier bedryf
Hervulpulplaers.

Die staalbedryf
Kraanwiellaers, ringbedlaerblokke, ekstrusielynslytasiestroke, boormasjienspilkop-busse.

Terug na bokant

Druk 'CTRL + D' om 'n leeswyser vir die bladsy te stel

Opdatering  Feb 20 2003                          Hit Counter

 

Tuis blad

Indeks

Navraag Vorm

Kontak ons

Vir inligting en kwotasies, e-pos ons by vesconite@vesconite.com

Suid Afrika 24 uur (011) 616 44 44

Alle regte voorbehou © 1999-2003 VescoPlastics Sales (Edms) Bpk    Waarborg afstanddoening