|
Landboukundige Aanwendings Vesconite en die
Boer Hierdie opmerking is gemaak jare gelede deur 'n gevestigde boer wat al die pad van Oos Transvaal af na ons Johannesburgtak gery het om Vesconite materiaal te koop. Ons stem volmondig saam - enige boer wat nog nie Vesconite busse, of enige ander Vesconite onderdele gebruik nie, maak dit vir homself moeilik. Vesconite selfsmeer-materiaal kan smering uitskakel en sodoende onderhoud aansienlik vergemaklik. Vesconite wrywingswerende materiaal kan 3 tot 10 keer langer hou as metaal busse, veral in stowwerige, vogtige toestande, onder water en in koroderende omstandighede, met 'n minimum smering. Vesconite is dimensioneel stabiel en swel nie weens nattigheid soos Nylon (wat ons ook vervaardig) nie. Vesconite het oor dertig jaar landwye erkenning verwerf as 'n uitstaande wrywingswerende materiaal wat tradisionele metaal busse met groot sukses vervang. Hierdie besondere ingenieursplastiek is oorspronklik in Suid Afrika ontwikkel en word reeds węreldwyd bemark met dieselfde uitstekende resultate. Daar bestaan baie moontlike aanwendings van Vesconite in die landbousektor - van stropers tot boorgate, deur boere, ingenieurs-werke en deur die grootste vervaardigers van landboutoerusting. Etlike boere het sekere van hulle probleme aangedui, onder andere die saadpotte van Monosem planters. Ons het dié probleem hok geslaan met 'n Vesconite slytplaat wat teen 'n redelike koste aangebring kan word. Die metaal slytvlak word afgemasjineer en deur 'n vervangstuk van Vesconite vervang wat, nadat dit gemasjineer is, 'n duursame slytvlak daarstel. Voltooi en e-pos die boere navraag vorm vir meer inligting oor Vesconite, VescoNylon en die VescoPlastics reeks van ingenieursplastiek, busmateriaal, plate asook ons boekie oor die aanwending daarvan in die landbou. Vesconite het al baie buste en dra probleme in landbou masjinerie opgelos. Hier is 'n paar voorbeelde. As jy oor 'n aanwending wil praat sal jy ons e-mail kan probeer of ons navrae form voltooi. Trekkers
Landbouers
Stropers Benarende Dimensies: 045 x 124 - 120 Windmeule
Baie windpomp wit metaal buste is ook al met Vesconite vervang. BesproeiIng Sleepwaens Feb 23: 2000 |
|
| |||||||||||||||||||