|
MONOSEM
PLANTERS
Die uitstekende slytwerende vermoë van Vesconite gee 'n verlengde lewe aan die oorspronklike brons oppervlakte.
Vantevore, wanneer die metaal oppervlakte van die saadpotte op 'n Monosem planter geslyt was het dit die koste van die vervanging van die hele saadpot behels. Die heropbou van die saadpotte met Vesconite slytplate beteken dat die saadpotte weer gebruik kan word met gevolglike groot besparings. Heropbou beteken 'n langer lewe en ook die vermindering van onderhoudskoste. Vesconite busse kan ook gebruik word i.p.v. die brons senter bus en die naald-laer op die drukwiel, met veelseggende slytasie vermindering.
Stuur of lewer u saadpotte af by ons Johannesburg of Virginia takke. Ons sal die afgeleefde oppervlakte vervang met Vesconite slytplate wat akkuraat sal pas. VescoPlastics pas en masjineer die Vesconite slytplate tot die regte grootte. Dit beteken dat die vervanging word uitgevoer volgens presisie ingenieurs standaarde. Ons hou 'n klein voorraad van heropgeboude saadpotte aan vir onmiddelike omruiling.
Vir verdere inligting kontak Toy Meyer in Johannesburg ( (011) 616-1111 of Faks (011) 616-2222 of Nolene Crabb of Friedel Brumloop in Virginia, Vrystaat ( (057) 212-0000 of Faks (057) 212-3355 Opdatering Jan 08 2002 |
|
| |||||||||||||||||||