English|Espanól|Francais |Português|Suomi|
Italian
|
Русский
www.vesconite.com
Tuisblad | Kontak
Soek | Oorsigkaart
 
Afrikaans  
Vesconite -  lang lewe
Vescoflex  
Krediet Kaart Magtiging
Landbou
Monosem Planters
Mynbou
MV Dun Wand Busse
Navraag Vorm
Ontwerpgids
Versoeke
Voorraad VinderNuut!
Applikasies
Geflensde spilas laers op pakwaens
Vesconite Veringstelsel Busse
 
Huidige Reklame vir
Prototipe Aanbod 
Ontwerp Rekenaars
Ontwerp Gidse
Uitstallings
4x4 Bladveer Busse
Monosem Planters
Skeepsvaart
Pompe
 
Produkte vir
Vesconite
Vesconite Hilube
Hitemp 150
Hilube 10
Hilube 20
Dunwand busse
Vanes
Vescoflex
Spesifikasies
Chemiese weerstand
Voorraad vinder
 
Industrie vir
Applikasies
Sukses verhale
Grondverskuiwing
Vurkhysers
Skeepsvaart
Mynbou
Spoorweë
Pompe
Vervoer
Meer industrië
 
Maatskappy Info vir
Omtrent ons
Bulletin bord
Kontak ons
Nuusbriewe
Werksgeleenthede
 
Ontwerp vir
Ontwerp rekenaarsNuut!
Gereelde vrae
Nuttige inligting
 
Navrae/Bestellings
Kwotasies
Navrae vorms
Volgens maat diens
Kredit kaart magtiging
 
Gesondheid/Veiligheid vir
Water goedkening
Veiligheids data

Mynbou
Verminder onderhoud

Brons
Gebruik Vesconite busse .... vergeet van gereelde smering
Vesconite verskil van nylon
Applikasies

Pas Vesconite busse. Vergeet van gereelde smering

  • Hou tot 10 keer langer as brons in vuil omstandighede
  • Nie geaffekteer deur water
  • Oorleef gebrekkige smering

Brons
Brons is die tradisionele bus materiaal vir gebruik in myne. Tradisioneel omdat daar geen lewensvatbare alternatiewe was nie.

Nou is daar Vesconite pas en vergeet busse.

Die probleem met brons is dat dit nie altyd presteer in vuil en nat toestande in die mynboubedryf nie. Brons onderdele word ook dikwels gesteel vir hulle skrootwaarde.

Brons werk goed as 'n bus materiaal:

  • Indien daar gereelde smering is
  • Indien vuilis weggehou word
  • Indien daar geen klammigheid of water naby is nie

Hierdie is drie groot redes in die ruwe omstandighede wat in die mybou bedryf ondervind word.

Verskuilde koste, onproduktiewe werk
Smering is tydrowend en kan moeilik wees om te bestuur. Tipies is toegang tot busse en ghriespunte baie moeilik, onderhoud kan onbetroubaar wees en ghriespunte "verdwyn" dikwels onder lae olie en vuilis.

Met ongereelde smering slyt brons busse gou en gereelde vervanging word gesien as deel van lopende onderhoud. Dit is egter baie duur as gevolg van die arbeid, staantyd en koste van nuwe brons busse.

Met ongereelde smering kan brons busse vasbrand en skade veroorsaak aan asse en masjinerie.

Met ongereelde smering veroorsaak metaal op metaal kontak slytasie aan asse en penne. Dit beteken die vervanging van duur onderdele en tydrowende herstelwerk.

Pas Vesconite busse ... vergeet van gereelde smering
Die ideaal is busse wat jy kan pas en vergeet - geen gereelde smering, geen gesukkel. Vesconite is 25 jaar gelede spesiaal ontwikkel vir ondergrondse toestande om die probleme van smering te oorkom.

Vesconite los probleme op veroorsaak deur:

  • te kort aan of ongereelde smering
  • vuil omstandighede
  • klammigheid en nat toestande

Baie weeklikse en maandelikse smerings kan ge-elimineer word met die gebruik van Vesconite. Indien wel, sal roesvrye as oppervlaktes moontlik nodig wees (bv. vlekvrye staal of chroom). Die rede hiervoor is dat geroeste asse die slytasie tempo van Vesconite sal verhoog.

Hou tot 10 keer langer as brons in vuil en nat toestande
Vesconite reageer uitstekend sonder gereelde smering en hou van 2 tot 10 keer langer as brons, afhangende van die applikasie.

Swaardiens applikasies mag aanvanklik smering benodig of selfs gereelde smering. In sommige gevalle mag olie sirkulasie nodig wees. In elk geval is smering van Vesconite busse baie minder kritiek as met metaal busse.

Stof en vuilis verhinder nie die prestasie van Vesconite nie. Vesconite werk goed in nat omgewings en gebruik water as 'n smeermiddel sonder enige belemmering.

Metaal op metaal slytasie word verhoed deur Vesconite. Dit beteken dat die as slytasie dramaties verminder word - soveel so dat baie mense Vesconite selgs hiervoor gebruik.

Vesconite is 'n gespesialiseerde laer materiaal vervaardig van ingeboude polimere. Dit is beskikbaar in busformaat, soliede stawe en plate in 'n uitgebreide reeks van bykans alle groottes.

Vesconite Hilube vir langste lewe, minste wrywing
Vesconite Hilube is 'n gevorderde graad van Vesconite. Dit kombineer die voordele van Vesconite met laer wrywing en kleefvrye glip oppervlaktes. Vesconite Hilube het selfs 'n langer lewe as Vesconite, met uitsonderlike lae slytasie tempos in gesmeerde en ongesmeerde applikasies. Vesconite Hilube is die allerbeste pas en vergeet laer materiaal.

Vesconite verskil van nylon
Nylon busse is al gereeld in die mynbou probeer. VescoPlastics het begin as invoerder van nylon en is vandag die grootste vervaardiger van nylon in Afrika. In nat en vogtige toestande ondergronds was resultate met nylon dikwels teleurstelend.

Nylon absorbeer vogtigheid - tot 9% per gewig. Dit veroorsaak dat nylon tot 3% swel en beteken die verlies aan spelings en skielike vasbranding.

Humiditeit veroorsaak ook dat nylon sag word. Dit lei tot die versnelling van die slytasie tempo. Busse word ook uitgepers omdat hulle nie die lading kan hanteer nie. Vesconite se water absorpsie is so laag dat swelling en versagting onbeduidend is.

Vesconite, die pas en vergeet bus materiaal, gee 'n langer lewe met lae onderhoud.

Applikasies (Mining Applications)
In die volgende applikasies is brons busse met Vesconite vervang. Weens Vesconite se vermoë om te presteer in nat en vuil toestande, hou dit spesiale voordele in vir elke applikasie.

Elektriese Lokomotoras Busse

  • Langer hou vermoë
  • Verminderde smering
  • Verminder motor as slytasie
  • Verminderde onderhoud
  • Presteer goed in nat toestande


Draai Rem Busse

  • Verlengde lewe
  • Eenvoudige smering
  • Vergemaklik (NDT) toetse
  • Verminder hersteltyd

Plate en Busse vir Veeltrap Sentrifugale Pompe

  • Langer lewe
  • Laer koste
  • Verhoed hoë koste indien pompe sou droogloop met brons onderdele

Koekepan Agteras Busse

  • Verminder onderhoud
  • Verminderde hersteltyd
  • Langer lewe
  • Geringer koste

Ander Applikasies

  • Grondverskuiwings toerusting
  • Kleppe
  • Stoelhysers
  • Styggangboorkolomgeleiers
  • Hatfield klipbrekers
  • Voetgemonteerde Joy wenaslaers
  • Lugmotorkleppe
  • Koekepan deurarm busse
  • Roterende filterarm busse
  • Seëls op meulens
  • Wentelasiedeur busse
  • Laaier rotasie lugkleppe
  • Baie lae spoed applikasies vir lae smering, vuil of nat toestande teen medium tot swaar ladings

Vorige opdatering: Feb 27 2001

 

Tuis blad

Indeks

Navraag Vorm

Kontak ons

Vir inligting en kwotasies, e-pos ons by vesconite@vesconite.com

Suid Afrika 24 uur (011) 616 44 44

Alle regte voorbehou © 1999-2003 VescoPlastics Sales (Edms) Bpk    Waarborg afstanddoening